Page 12 - UCT Research Report 2011

Basic HTML Version

UCT RESEARCH REPORT '11
10
(P-graderings) ontvang op grond van die uitsonderlike
werk wat hulle tydens hul doktorale en post-doktorale
studies gelewer het.
Dit is met groot genoeë dat ek in hierdie verslag die feite
en syfers voorlê wat van die UK se navorsingsprestasies
getuig. Vanjaar behandel ons ook in ietwat meer diepte
’n aantal van ons sleutel-navorsingstemas, waardeur
ons hoop om iets van die verhaal agter die syfers te laat
sien. Hoewel dit slegs ’n vlugtige blik bied op die UK se
belangrikste navorsingsgebiede, laat dit tog blyk waarom
die universiteit wêreldwye erkenning vir sy uitnemende
navorsing geniet.
Ten slotte spreek ons ons dank uit jeens ons
donateurs, borge en beleggers wat ruimhartig tot
ons navorsingspoging bydra, asook ons nasionale en
internasionale medewerkers wat in vennootskap met die
UK navorsing van wêreldgehalte lewer. Ons heg groot
waarde aan hierdie vennootskappe, en sien uit na nog ’n
suksesvolle jaar.
DR MAX PRICE
Vise-Kanselier
NRF A-rated researcher Professor George Janelidze, of the Department of Mathematics and Applied Mathematics, was
named one of the new UCT Fellows in 2011. His current research is devoted to various topics of categorical algebra,
including abstract Galois theory, with applications in classical algebra, geometry and topology.