Page 11 - UCT Research Report 2011

Basic HTML Version

9
INTRODUCTION
rolle wat ’n universiteit speel,
is kompleks. Benewens die
lewering van voortreflike opleiding aan
ons studente en die bou van ’n hoogs-
geskoolde werkerskorps wat bedag is op
die verantwoordelikhede van demokratiese
burgerskap, moet ons ook die grense van
kennis uitbrei en gedurig die status quo
bevraagteken. Ons doen dit om tot die
ontwikkeling en transformasie van ons
samelewing by te dra, en tot die verbetering
van die wêreld waarin ons lewe. Ek glo dat
die UK ’n uitsonderlike bydrae tot hierdie
doelstellings lewer.
Ons meet die gehalte en trefkrag van ons navorsing
op verskeie maniere, maar een van die aanwysers is
die prominente posisie wat ons in die drie vernaamste
rangordenings van universiteite wêreldwyd beklee. Uit
hierdie drie is daar twee wat in ’n beduidende mate op
die verskillende trefkragaanduiders van navorsing steun.
In 2010 en 2011 het die UK sy posisie tussen 100 en 110
op die
Times Higher Education (THE) World University
Rankings
, behou, en ons beklee ongeveer posisie 160 in
die
Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings
vir 2011/12. Die
QS-
en
THE-
stelsels plaas die UK steeds
as die enigste universiteit in Afrika wat onder die top 200
tel. Die UK was ook die enigste universiteit in Afrika wat
die top 300-lys van die
Shanghai Jiao Tong Academic
Ranking of World Universities (ARWU)
gehaal het.
Hierdie sterk vertoning is aan sowel die gehalte van die
navorsing te danke, as aan die feit dat ons navorsers
oop staan teenoor die wêreld, en met vennote op elke
vasteland saamwerk. Die UK se lidmaatskap van die
Worldwide Universities Network
is ons huidige algemene
inisiatief om sinvolle internasionale samewerking te
bevorder – en die tekens is daar dat dit besig is om baie
goeie resultate te lewer.
Die universiteit is terdeë bewus van sy verpligting om sy
hulpbronne, met inbegrip van sy navorsingshulpbronne,
so wyd as moontlik beskikbaar te stel aan die
gemeenskap waarbinne hy lewe. Met hierdie
doel is die
Knowledge Co-Op
verlede jaar van
stapel gestuur. Dit is ’n gesamentlike onderneming
van die adjunk vise-kanseliers wat, onderskeidelik, vir
Boodskap van die
Vise-Kanselier
gemeenskapsbetrokkenheid en navorsing verantwoordelik
is. Dit stel gemeenskapsorganisasies wat nie normaalweg
toegang tot die universiteit se navorsingsvermoë het
nie, in staat om probleme te opper wat as deel van
studenteprojekte aangepak kan word, tipies op die
honneurs- of meestersvlak. Etlike projekte is reeds met
welslae afgehandel.
Die navorsingsprestasies van die UK vir die afgelope jaar
is te talryk om hier gelys te word. Dit is egter gepas om wel
’n paar belangrike hoogtepunte te noem:
Ter bevordering van die eerste van die nasionale
prioriteite wat in ons strategiese doelwitte geïdentifiseer
is, het die Pro Vise-Kanselier en Direkteur van die
African Climate and Development Initiative
, Professor
Mark New, sy pos in Julie 2011 aanvaar en flink begin
met die verwesenliking van die doelstellings van
hierdie sleutel-navorsingsgebied (wat ook deur die
Universiteit se Navorsingskomitee amptelik as ons
sesde
Signature Theme
aanvaar is).
Die tweede van hierdie nasionale prioriteitsareas,
die
Safety and Violence Initiative (SaVI)
onder die
leiding van dr. Catherine Ward, het insgelyks ’n
sterk navorsingsagenda, en het sy eerste kongres
in September 2011 met die titel
Promoting safety,
Reducing violence, Raising awareness
gehou, waarby
deskundiges van elke uithoek, met inbegrip van
Jamaica, Skotland en Switserland, betrokke was.
Daar is ook aktief gepoog om Suid-Afrika se bod
vir die SKA-teleskoop (wat aan die begin van 2012
verwesenlik is) te ondersteun, byvoorbeeld deur
middel van geteikende finansiële bystand aan die
Departement Astronomie.
Deur die
Institute of Infectious Disease and Molecular
Medicine
gaan ons voort met beduidende vordering in
die stryd teen aansteeklike siektes.
Ek wil ook hulde bring aan ons akademici wat in 2011
toekennings ontvang het vir hul navorsings prestasies. Ek
noem slegs enkeles:
Professor Jill Farrant is as een van vyf uitsonderlike
vrouewetenskaplikes ter wêreld aangewys deur die
toekenning van die
L’Oreal-UNESCO Awards in Life
Sciences.
Professore Ed Rybicki en Heather Zar het A-graderings
van die Nasionale Navorsingstigting (NRF) ontvang en
hierdeur is hul status as wêreldleiers op hul onderskeie
terreine bevestig. Professore George Ekama en Hans-
Peter Kunzi se A-graderings is ook hernu.
Dr David Braun, Dr Shadreck Chirikure en Dr
Amanda Weltman, het NRF-Presidentstoekennings
Die